Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_top position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_bottom position below the menu.

Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_bottom position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_top position below the search.
Tuis

KroonRand GemeenskapskerkKroonRand Gemeenskapskerk
CrownRidge Community Church

Welkom by Kroonrandgemeente

KoninkrykstydDie tydperk na Pinkster – tot en met Advent – staan algemeen in die kerkjaar as gewone- of Koninkrykstyd bekend. Dit begin met Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning, net voor die adventseisoen en dus die volgende kerkjaar.
 
AUG
18
Erediens:Tyd: 09:00
 NG Mondeor
SEP
01
Erediens:Tyd: 09:00
 Koninkryksondag 12
AUG
25
Erediens: Tyd: 09:00
 Koninkryksondag 11
SEP
08
Erediens: Tyd: 09:00
 
 Koninkryksondag 13
 
SEP
15
Erediens:Tyd: 10:00
Koninkryksondag 14
SEP
29
Erediens:Tyd: 09:00
 Koninkryksondag 16
SEP
22
Erediens: Tyd: 09:00
 Koninkryksondag 15
OKT
06
Erediens:Tyd: 09:00
 Koninkryksondag 17
  • Is jy op soek na 'n gemeenskapskerk waar jy saam met ons kan leer en aanbid? Laat weet ons wie jy is en ons sal jou kontak.
  • Wil jy graag ons nuutste boodskappe luister?  Luister of laai 'n kopie af.  Luister of laai ook vorige boodskappe af.
  • Besoek ons hierdie Sondag! Die erediens begin om 09:00. Ons kerkadres:   H/v Tilraeweg en Shannonweg, Ridgeway, Johannesburg

Wat maak ons gemeente so spesiaal?

'n Klein groepie gelowiges wat saam meer en meer soos Jesus wil wees 
Aan God die eer!
 
Kroonrand is spesiaal vanwee ons omgee vir mekaar. Dit word veral moontlik gemaak deurdat ons geografies en numeries ‘n kleiner gemeente is. Dit is vir ons makliker om mekaar te leer ken, saam te werk en ook te help waar nodig. Deur die jare het ons beleef dat die Here aan ons altyd die regte mense met spesifieke vaardighede en kennis op die regte tyd gee. Dit laat ons gelowig en hoopvol uitsien na ‘n toekoms saam met Jesus as Koning van die Kerk en wêreld. Ons wil nie stilstaan in die verlede nie maar beskikbaar wees elke dag.
Ons Geskiedenis

Bybelstudies en Selgroepe

Skakel in by die groep van jou keuse 
 
Neem deel in kleingroepe
 
Die groeigroep-model is die voertuig om bepaalde waardes wat in die kerk verlore gegaan het, te herstel, nl. ‘n kwaliteitverbondsverhouding (koinonia), bedieningsvrymoedigheid van die lidmaat (priesterskap) en effektiewe uitreik na die wêreld (mobilisering). Die model bied die potensiaal dat baie leiers (klein en groot) ontwikkel word en eienaarskap van die bediening en die doel van die kerk aanneem. Tans het ons een groep wat getrou op Donderdae bymekaarkom. Nog groepe vir veral werkende lidmate word beplan.
Ons Bedieninge

Begin jou lewensreis met ons

Sien jou Sondag by ons erediens 
 
Almal verdien 'n nuwe begin
 
Om lidmaat te wees van Kroonrandgemeente, impliseer ’n begeerte om geestelik te groei en ook diensbaar te wees. Ons moedig jou dus aan om so gou moontlik in te skakel by een van ons bedieninge en deel van ’n groeigroep te word. Help met projekte volgens jou gawes en ervaring wat jou die geleentheid sal bied om die evangelie aan mense te bring. Ons doen dit Saam Meer en Meer soos Jesus!
 

Ons gee om vir mekaar

Efesiërs 5:1-2
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was.” (NAV, 1983)
Ons Uitreike

Luister preke

Nuusbriewe

Ons Leiers

Gemeentekalender
 
 

* Our Partners / Ons Vennote *

toringsterCrownRidge Community Church / KroonRand Gemeenskapskerk

Kroonrand-gemeente verstaan haar roeping om uit te reik na die gemeenskap. Om daad by ons voornemens en gebede te voeg het die kerkraad in September 2018 goedgekeur dat ons voortaan bekend sal staan as KroonRand Gemeenskapskerk en CrownRidge Community Church.

Vanweë ons ligging in die suide van Johannesburg met sy veelrassiggheid en veeltaligheid, het die kerkaard verder die geleentheid raakgesien om ‘n vennootskap met twee Christelike kerkgroepe aan te gaan om vanuit een sentrum die evangelie van versoening, hoop en omgee uit te leef en deel.  Die ster op ons kerktoring simboliseer dat ons die lig van die evangelie in die omgewing wil wees en moet laat skyn.

 * Lees verder / Read more

Kontak Ons

  •  Tilraeweg 27
    Ridgeway, Johannesburg
  •  084-703-4066
  •  

Nuusbrief intekening

Verskaf ons jou epos om ons weeklikse Nuursbrief te ontvang

Gemeente se bankbesonderhede:

Naam van rekening: NG Gemeente Kroonrand

Bank: FNB, Southdale (254205)

Tjekrekening nr: 62380311474

Verwysing: Jou van en voorletters.

Nuusbrief Intekenkode