Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_top position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_bottom position below the menu.

Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_bottom position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_top position below the search.
Ons geskiedenis

KroonRand GemeenskapskerkKroonRand Gemeenskapskerk
CrownRidge Community Church

 

Ons kanselKroonrand-gemeente is strategies in die suide van Johannesburg geleë en derduisende mense gaan elke dag naby ons verby die stad in om daar te gaan werk. Die simbool van die stêr op ons kerktoring is juis dat ons ook die lig van die evangelie en die blinkende Môrester in die Goudstad moet laat skyn. Soos ons kansel in die vorm van ‘n boot geanker is aan ‘n rots waarop die Bybel lê, wil ons steeds geanker aan die Woord van God lewe.


Deur die genade van die Here is ons gemeente deur die jare deur Sy Gees en Woord opgebou; kon ons mekaar ondersteun en op verskillende  maniere ook ‘n hand na die gemeenskap uitsteek om ‘n verskil te maak. Ons lig ‘n paar hoogtepunte en biedieninge uit:


 

6 Sep 1961:           Kroonrand en Mondeor stig van Johannesburg-Suid af. Ds Johan Coetzee stel die naam Kroonrand voor wat afgelei is van Crown Gardens en Ridgeway.
3 Feb 1962:           Ds Friis word bevestig as leraar van beide afgestigte gemeentes.
2 Feb 1963:           Ds Friis word bevestig as leraar van Kroonrand.
30 Mei 1964:         Sooispitgeleentheid vir die bou van ‘n kerkgebou.
6 Mrt 1965:           Hoeksteenlegging.
6 Nov 1965:          Inwyding van kerkgebou.
1980 – Mrt 1982:   Ds Nic van Achterbergh neem waar as leraar.
30 Apr 1981:         Afskeid van Ds Eben en Mev Alet Friis.
20 Mrt 1982:         Bevestiging van Ds Paul en Pikkie Heyns en twee kinders – Franie en Paul.
11 Nov 1983:        Afskeid van Ds Heyns en gesin.
14 Jan 1984:         Bevestiging van Ds Bart en Magda Nel en twee dogters, Dalena en Tanja. Jana word later in 1987 gebore. Ds Nel familie
20 Mrt 1990:         Finansiële steun aan Abraham Kriel Kindersorg begin.
25 Mei 1990:         Finansiële steun aan Eugene en Mauricette Coetzee in Frankryk neem in aanvang.
23 Okt 1990:         Eerste vrou as ouderling verkies: Zuleika Cronje.
6 Sep 1991:          Verbandskuld op kerk word 10 jaar vroeër afbetaal. Die geld wat gespaar word, word voortaan aangewend vir Koninkrykswerk.
18 Jan 1992:         Prop Louis Eloff word as jeugwerker aangestel (ongeveer 18 maande).
Jan 1993 – Nov 1995:   Voedingsprojek vir werkloses by kerk.
Jun 1994 – Des 1998:   Beatrice Mangamene stig die Ridgeway Skool vir volwassenes by kerk.
20 Sep 1996:         Bevestiging van Ds Dirk en Daleen Lourens as tentmaker met twee kinders Anria en Dirka.
Jan - Jul 1998:       Kleuterskool projek in Orange Farm deur jeug.
18 Mei 1998:          Finansiële steun aan Etienne Basson in China begin.
23 Nov 1998:         Gebruik van kindernagmaal word goedgekeur.
31 Des 1999:         Afskeid van Ds Dirk Lourens en gesin.
1 Jan 2001:           Just Kidz kleuterskool begin kerkgeriewe gebruik.
1 Jan 2005:           Bambino Kleuterskool neem huur oor.
1 Sep 2007:          Nuwe ooreenkoms met Ds Bart Nel in tentmakerspos.
Sep 2007:             Pastorie verkoop.
Mrt 2009:              Eden Ministries van Izak en Liz Coetzee begin kerkgebou gebruik.
Nov 2010:             Teleios-gemeente van Brandon Bailey begin kerk gebruik.
4 Sep 2011:           Kroonrand-gemeente vier 50ste bestaansjaar.
Nov 2015:             Ds Bart Nel tragies oorlede. Hy het die gemeente meer as 30 jaar onbaatsugtig bedien.
5 Jun 2016:           Ds Dirk en Daleen Lourens word weer besvestig - die keer in ‘n permanente vaste termynspos.
4 Sep 2016:           Kroonrandgemeente vier in September 2016 haar 55ste bestaansjaar. Bekendstelling van Webtuiste.
19 Sep 2018:         Nuwe naam word goedgekeur en in gebruik geneem: KroonRand Gemeenskapskerk / CrownRidge Community Church. "n Vennootskap met twee veelrassige en -talige kerke word aangegaan om die gemeenskap gesamentlik vanuit die een kerksentrum te bedien.

 

Die ster op die kerktoring se simboliek roep ons steeds op om te onthou dat solank as wat ons soos ‘n stad op ‘n berg Sy lig laat skyn, ons steeds kerk sal bly om die sout en lig vir die wêreld te wees!


(Oorgeneem en verwerk uit Gemeenteverjaarsdagblad van 4 Sep 2011: Ds Bart Nel)

Môrester Toring met sterDie kleuterskool

 Kleuterskool-area

Die hoeksteen Hoeksteen

 

Ons leraars

Ds Eben Friis
Ds Eben Friis
Ds Paul Heyns
Ds Paul Heyns
Ds Nicolaas Van Achterbergh
Ds Nicolaas Van Achterbergh
Ds Bart Nel
Ds Bart Nel
Prop Louise Eloff
Prop Louise Eloff
Ds Dirk Lourens
Ds Dirk Lourens
Ds Bart Nel
Ds Bart Nel
Ds Dirk Lourens
Ds Dirk Lourens

Kontak Ons

  •  Tilraeweg 27
    Ridgeway, Johannesburg
  •  084-703-4066
  •  

Nuusbrief intekening

Verskaf ons jou epos om ons weeklikse Nuursbrief te ontvang

Gemeente se bankbesonderhede:

Naam van rekening: NG Gemeente Kroonrand

Bank: FNB, Southdale (254205)

Tjekrekening nr: 62380311474

Verwysing: Jou van en voorletters.

Nuusbrief Intekenkode